Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 13:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het op die sand by die see gestaan en ek het ’n dier uit die see sien opkom met tien horings en sewe koppe en op sy horings tien krone en op sy koppe die karakter en outoriteit wat kwaadpraat teen God.Dan 7:4-6 en die draak het sy krag, sy troon en groot outoriteit vir hom gegee.

2. Die dier wat ek gesien het, was soos ’n luiperd en sy pote soos dié van ’n wolf en sy monde soos dié van leeus

3. Een van sy koppe was, asof tot die dood, vergruis en sy dodelike wond is genees en die hele wêreld het bewonderend agter die dier aangeloop

4. en die draak aanbid, wat vir die dier outoriteit gee. Hulle het die dier aanbid en gesê: “Wie is soos hierdie dier? Wie kan teen hom oorlog maak?”Dan 7:25

5. ’n Mond wat groot woorde praat en kwaadpraat teen God is aan dit gegee en dit is die outoriteit gegee om vir twee en veertig maande lank te werk.

6. Dit het sy mond oopgemaak om kwaad te praat voor God, van Sy Naam (Karakter en Outoriteit) en die blyplek van dié wat in die hemel bly.

7. Dit is ook vir hom gegee om oorlog te maak teen die afgesonderdes en hulle te verslaan en aan hom is outoriteit gegee oor alle stamme, volke, tale en nasies

8. en almal wat op die aarde bly sal hom aanbid, almal wat nie van voor die oorsprong van die wêreld opgeskryf is in die boekrol van Lewe, dié van die neergeslaande Lam, nie.

9. Die een wat ’n oor het, laat hom luister.

10. Wie ook al in ballingskap wegvoer, sal in ballingskap gaan; die wat met die swaard doodmaak, sal met die swaard doodgemaak word. Hierin is die vertroue en die volharding van die afgesonderdes.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 13