Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 1:9-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Ek is Yoganan, julle broer en deelgenoot in die lyding en in die volharding wat in Yeshua is. Ek was op die eiland wat Patmos genoem word as gevolg van die boodskap van God en as gevolg van die getuienis van Yeshua, Die Gesalfde Een.

10. Ek was in die Gees op die eerste dag van die week en ek het agter my ’n harde Stem gehoor, soos van ’n ramshoring,

11. wat sê: “Skryf wat jy sien in ’n rol en stuur dit vir sewe gemeentes: na Efesos, Smurna, Pergamos, Thuateira, Sardeis, Filadelfeia en Laodikeia.”

12. Ek het omgedraai om uit te vind watter Stem met my gepraat het en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelareEks 28 om die bors.

13. en tussen die kandelare, Een wat lyk soos ’n mens, met ’n skouerkleed aan en met ’n goue gordel

14. Sy kop en hare was wit, soos wol en soos sneeu; Sy oë soos vlamme van vuur;Dan 10:6; Yeg 1:24; Yeg 43:2

15. Sy voete soos brons vanaf L’vanon wat gesuiwer is in ’n oond en Sy stem soos die klank van baie water.Yes 49:1-3 uitgegaan en ek het Hom gesien soos die son wat verskyn in sy volle krag.

16. Hy hou sewe sterre vas in Sy regterhand; ’n skerp swaard het uit Sy mondYeg 1:28 en Hy het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, want Ek is die Eerste en die FinaleYes 44:6; Yes 48:12

17. Toe ek Hom sien, val ek soos ’n dooie aan Sy voeteY’ho 3:10; Ps 42:3; Ps 84:3 en Ek was dood en let op, Ek leef vir tydlose ewigheid. Dit is waar. Ek het die sleutels van Sh’olHos 13:14; Yeg 37:13 en van die dood.

18. en die Lewende

19. Skryf daarom neer alles wat jy gesien het, dié wat reeds is, sowel as dié wat hierna gaan gebeur.

20. Die geheim van daardie sewe sterre wat jy in My regterhand gesien het en die sewe goue kandelare: die sewe sterre is die boodskappers van sewe gemeentes en die sewe kandelare wat jy gesien het, is sewe gemeentes.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 1