Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 8:21-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. ’n Ander een van Sy studentevolgelinge het vir Hom gesê: “My Meester, gee my toestemming om eers te gaan en my vader te begrawe,”

22. maar Yeshua sê vir hom: “Volg My en laat die dooies hulle dooies begrawe.”

23. Toe klim Hy in die skuit en Sy studentevolgelinge saam met Hom

24. en let op, daar was ’n groot aardbewing sodat die golwe op die see bo-oor die boot geslaan het, maar Hy het geslaap.

25. Toe kom Sy studentevolgelinge nader en maak Hom wakker en sê: “Ons Meester, red ons, ons word vernietig!”Yes 51:15

26. Yeshua sê vir hulle: “Waarom is julle bang, vertroueloses?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en die see en daar was ’n groot kalmte.

27. Die manne was geskok en het gesê: “Wie is Hy dat die wind en die see Hom gehoorsaam?”

28. Toe Hy aan die oorkant kom, in die gebied van Gergesenos, het twee demoonbesetenes, wat so boos was dat niemand met daardie pad kon verbygaan nie, vanuit die grafte gekom en Hom ontmoet

29. en hulle het uitgeroep en gesê: “Wat het ons met U te doen, Yeshua, Seun van God? Het U voor die bepaalde tyd hierheen gekom om ons te pynig?”

30. Daar was ’n groot trop varke wat ’n ent van hulle af gewei het.

31. Daardie demone het Hom gesmeek en gesê: “As U ons uitdryf, gee vir ons toestemming om in die trop varke te vaar.”

32. Yeshua sê vir hulle: “Gaan!” Toe gaan hulle uit en gaan in die trop varke in en toe storm die hele trop varke van die krans af in die meer in en vrek in die water.

33. Díe wat hulle opgepas het, het ook weggehardloop en in die stad gekom en hulle het alles vertel, ook wat met die besetenes gebeur het.

34. Die hele stad het uitgekom om Yeshua te ontmoet en toe hulle Hom sien, smeek hulle Hom dat Hy uit hulle gebied uit moet weggaan.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 8