Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 8:18-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Toe Yeshua die groot klomp mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee dat hulle na die strand toe gaan.

19. ’n Sekere leraar van die wet het nadergekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan.”

20. Yeshua sê vir hom: “Vir die jakkalse is daar gate en vir die voëls in die lug skuilings, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy Sy kop kan neerlê nie.”

21. ’n Ander een van Sy studentevolgelinge het vir Hom gesê: “My Meester, gee my toestemming om eers te gaan en my vader te begrawe,”

22. maar Yeshua sê vir hom: “Volg My en laat die dooies hulle dooies begrawe.”

23. Toe klim Hy in die skuit en Sy studentevolgelinge saam met Hom

24. en let op, daar was ’n groot aardbewing sodat die golwe op die see bo-oor die boot geslaan het, maar Hy het geslaap.

25. Toe kom Sy studentevolgelinge nader en maak Hom wakker en sê: “Ons Meester, red ons, ons word vernietig!”Yes 51:15

26. Yeshua sê vir hulle: “Waarom is julle bang, vertroueloses?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en die see en daar was ’n groot kalmte.

27. Die manne was geskok en het gesê: “Wie is Hy dat die wind en die see Hom gehoorsaam?”

28. Toe Hy aan die oorkant kom, in die gebied van Gergesenos, het twee demoonbesetenes, wat so boos was dat niemand met daardie pad kon verbygaan nie, vanuit die grafte gekom en Hom ontmoet

29. en hulle het uitgeroep en gesê: “Wat het ons met U te doen, Yeshua, Seun van God? Het U voor die bepaalde tyd hierheen gekom om ons te pynig?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 8