Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 8:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. maar die kinders van die koninkryk sal uitgegooi word in die duisternis daar buite. Daar sal ’n gehuil wees en ’n gekners van tande.”

13. Toe sê Yeshua vir die kaptein oor ’n honderd: “Gaan, dit sal vir jou wees soos jy vertrou het” en sy seun het op daardie oomblik gesond geword.

14. Yeshua het in Kefa se huis gekom en gesien dat Kefa se skoonmoeder deur koors platgetrek is.

15. Hy het haar hand aangeraak, die koors het haar verlaat en sy het opgestaan en Hom bedien.

16. Toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom toe gebring wat van demone besete was en Hy het hulle demone met ’n woord uitgedryf en almal wat siek was, het Hy gesond gemaak.Yes 53:4

17. So is vervul wat gesê is deur Yesha’yahu, die profeet, wat gesê het: “Hy sal ons pyne wegvat en ons siektes dra.”

18. Toe Yeshua die groot klomp mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee dat hulle na die strand toe gaan.

19. ’n Sekere leraar van die wet het nadergekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 8