Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 8:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Hy van die berg afkom, het ’n groot skare mense Hom gevolg

2. en let op, ’n sekere melaatse man het gekom en voor Hom neergeval en gesê: “My Meester, as U wil, is U in staat om my te reinig.”

3. Yeshua het Sy hand uitgesteek, aan hom geraak en gesê: “Ek wil, wees rein.” In daardie oomblik is sy melaatsheid gereinig.

4. Yeshua sê vir hom: “Wees versigtig wat jy aan iemand sê, maar gaan wys jouself aan die priester en offer die offer wat Moshe beveel het, tot ’n getuienis vir hulle.”

5. Toe Yeshua K’far-Nagum binnegaan, kom daar ’n kaptein oor honderd na Hom toe en vra ernstig van Hom

6. en sê: “My Meester, my seun lê tuis verlam en word ernstig gepynig.”

7. Daarop sê Yeshua vir hom: “Ek sal gaan en hom gesond maak.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 8