Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 28:15-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hulle het die geld gevat en gedoen soos hulle beveel is en hierdie storie is versprei onder die Jode, tot vandag toe.

16. Die elf studentevolgelinge het na die Galil gegaan, na die berg waar Yeshua met hulle afgespreek het

17. en toe hulle Hom sien, het hulle neergeval voor Hom in aanbidding, maar sommige het getwyfel.

18. Yeshua het nadergekom en met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Alle outoriteit in die hemel en op aarde is aan My gegee en soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle.

19. Gaan daarvolgens, maak studentevolgelinge van al die nasies, doop hulle in die Outoriteit en Karakter van die Vader en die Seun en die Gees van Afsondering1 Yog 2:6 en let op, Ek is saam met julle al die dae tot aan die einde van die heelal. Dit is waar.”

20. en onderrig hulle sodat hulle alles sal gehoorsaam wat Ek julle beveel het

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 28