Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 28:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Teen die aand van die Shabbat, toe die eerste dag van die week begin aanbreek, kom Miryam van Migdala en die ander Miryam om na die graf te kyk.

2. Let op, daar was ’n groot aardbewing, want ’n engel van יהוה het uit die hemel afgekom en die steen van die ingang af weggerol en daarop gaan sit.

3. Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.

4. As gevolg van vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword,

5. maar die boodskapper sê vir die vroue: “Moenie bang wees nie, want ek weet julle soek Yeshua wat gekruisig is.

6. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan net soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar ons Meester gelê het

7. en gaan vinnig, sê vir Sy studentevolgelinge: ‘Hy het opgestaan uit die dood en gaan voor julle uit na die Galil. Daar sal julle Hom sien.’ Let op, ek het vir julle gesê.”

8. Hulle het dadelik weggegaan van die graf af, bang en met groot blydskap en gehardloop om dit aan Sy studentevolgelinge te vertel.

9. Let op, Yeshua ontmoet hulle en sê: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!” Hulle het gekom en Sy voete vasgehou en Hom aanbid.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 28