Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 27:39-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. Die verbygangers het Hom beledig terwyl hulle hul koppe skud

40. en sê: “U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom van die kruis af!”

41. Net so het ook die leierpriesters, saam met die leraars van die wet, die oudstes en die Fariseërs, gespot en gesê:

42. “Ander het Hy gered, Homself kan Hy nie red nie. As Hy die Koning van Yisra’el is, laat Hom nou van die kruis afkom en ons sal in Hom vertrou.”Ps 22:9 want Hy het gesê: ‘Ek is die Seun van God’.”

43. “Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou red as Hy so wil;

44. Net so ook het die diewe wat saam met Hom gekruisig is, Hom ook beledig.

45. Van die sesde uur (twaalf uur middag) af het daar duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur (drie uur) toePs 22:2

46. en omtrent die negende uur het Yeshua met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “My Magtige God! My Magtige God! Waarom spaar U my nog (duur dit voort)?”

47. Sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: “Hy roep vir Eliyahu.”Ps 69:22

48. Toe hardloop daar dadelik een van hulle en vat ’n spons, maak dit vol asyn, sit dit op ’n riet en gee vir Hom om te drink,

49. maar die ander sê: “Neem dit weg, laat ons sien of Eliyahu kom om Hom te verlos,”

50. maar Yeshua het weer met ’n harde stem uitgeroep en Sy Gees het Hom verlaat.

51. Onmiddellik het die gordyn in die tempel in twee geskeur, van bo na onder, die aarde het gebewe, die rotse het oopgebreek,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 27