Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 27:11-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Yeshua het voor die goewerneur gestaan en die goewerneur het Hom gevra en gesê: “Is U die Koning van die Jode?” Yeshua antwoord hom: “U sê dit.”Yes 53:7

12. Terwyl Hy deur die leierpriesters en die oudstes beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie.

13. Toe sê Pilatos vir Hom: “Hoor U nie hoeveel hulle teen U getuig nie?”Yes 53:7

14. Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie sodat die goewerneur hom baie bewonder het.

15. By elke fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die mense se keuse, vir hulle vry te laat

16. en in daardie tyd het hulle ’n prominente gevangene gehad wat Bar-Abba genoem is.

17. Omdat hulle dan byeengekom het, sê Pilatos vir hulle: “Wie wil julle hê moet ek vir julle vrylaat: ‘Bar-Abba, of Yeshua wat genoem word ‘Die Gesalfde Een’?”

18. Hy het geweet dat hulle Hom uit afguns oorgelewer het.

19. Terwyl hy op die regstoel sit, het sy vrou na hom toe gestuur en gesê: “Moet niks te doen hê met dié Onskuldige Een nie, want ek het vandag in ’n droom baie gely as gevolg van Hom.”

20. Die leierpriesters en die oudstes het die skare oortuig dat hulle Bar-Abba moes vra, maar Yeshua vernietig.

21. Die goewerneur antwoord en sê vir hulle: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle antwoord: “Bar-Abba!”

22. Pilatos sê vir hulle: “Wat moet ek dan met Yeshua, wat genoem word ‘Die Gesalfde Een,’ doen?” Hulle sê almal vir hom: “Hang Hom aan ’n kruis!”

23. Die goewerneur sê: “Watter boosheid het Hy dan gedoen?” Hulle skreeu egter harder en sê: “Laat Hom gekruisig word!”

24. Toe Pilatos besef dat niks help nie, maar eerder ’n oproer veroorsaak word, het hy water gevat en sy hande voor die skare gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie Onskuldige Een; soos julle kan sien”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 27