Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 27:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Met dagbreek het die Raad al die leierpriesters en die oudstes van die volk bymekaar gekry en teen Yeshua vergader oor hoe om Hom dood te maak

2. en hulle het Hom vasgebind en weggevat en Hom oorgelewer aan Pilatos, die goewerneur.

3. Toe Y’hudah, die een wat Hom oorgelewer het, sien dat Hy veroordeel is, het hy berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die leierpriesters en die oudstes

4. en gesê: “Ek het gesondig deur onskuldige bloed oor te lewer,” maar hulle sê: “Wat gaan dit ons aan wat jy ontdek?”Hand 1:18,19

5. Hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en onttrek, weggegaan en homself opgehang,

6. maar die leierpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: “Dit is nie reg volgens die wet om dit in die offerande te gooi nie omdat dit geld is wat bloed gekoop het.”Z’kh 11:13

7. Die raad het besluit dat hulle die stuk grond van ’n pottebakker daarmee koop as ’n begraafplaas vir vreemdelinge;Hand 1:18,19

8. daarom is dié stuk grond Bloedgrond genoem, tot vandag toe.

9. Toe is vervul wat deur die profeet gesê is: “Ek het dertig silwerstukke gevat van die kinders van Yisra’el; die waarde van die Kosbare Een, waarop hulle ooreengekom hetZ’kh 11:12-13

10. en ek het dit vir hulle gegee vir die grond van die pottebakker, soos יהוה my beveel het.”Mar 15:2; Luk 22:70

11. Yeshua het voor die goewerneur gestaan en die goewerneur het Hom gevra en gesê: “Is U die Koning van die Jode?” Yeshua antwoord hom: “U sê dit.”Yes 53:7

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 27