Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 26:33-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Kefa antwoord en sê vir Hom: “Al sou almal ook teen U aanstoot neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.”

34. Yeshua sê vir hom: “Dit is waar, Ek sê vir jou, in hierdie nag, sal jy My drie maal ontken voordat die haan sou kraai.”

35. Kefa sê vir Hom: “Selfs al moet ek saam met U sterf, ek sal U nooit ontken nie!” Al die studentevolgelinge het ook so gesê.

36. Toe kom Yeshua saam met hulle in ’n plek genoem Gat-Sh’manim en Hy sê vir die studentevolgelinge: “Sit hier terwyl Ek gaan om te bid.”

37. Hy vat Kefa en die twee seuns van Zavdai saam en begin bedroef en benoud word.

38. Hy sê vir hulle: “My verstand, wil en emosie is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.”

39. Hy het ’n entjie onttrek en op Sy gesig geval en gebid en gesê: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 26