Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 26:23-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Hy antwoord en sê: “Hy wat sy hand saam met My in die bak in doop, dit is hy wat My sal verraai.

24. Die Seun van die mens gaan weg soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens oorgelewer word! Dit sou vir daardie man goed gewees het as hy nie gebore is nie.”

25. Y’hudah, wat Hom sou oorlewer, antwoord en sê: “Is dit dan ek, my Meester?” Hy antwoord hom: “Jy self het dit gesê.”

26. Terwyl hulle eet, vat Yeshua die brood, dank daarvoor, breek dit en gee dit aan Sy studentevolgelinge en sê: “Neem, eet, dit is My liggaam.”

27. Hy vat ook die beker, dank daarvoor, gee dit aan hulle en sê: “Drink almal daaruit,Yir 31:30-33; 1 Kor 11:24,25; 2 Kor 3:6; Heb 8:8-12

28. want dit is My bloed, van die Nuwe Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vryspraak van sondes,

29. maar Ek sê vir julle: ‘Ek sal van nou af glad nie weer van hierdie vrug van die wynstok drink, tot op daardie dag wanneer Ek dit nuut saam met julle sal drink in die Koninkryk van My Vader nie’.”

30. Hulle het lofliedere gesing en uitgegaan na die Olyfberg.Z’kh 13:7

31. Toe sê Yeshua vir hulle: “Julle sal almal in hierdie nag aanstoot aan My neem, want daar is geskrywe: ‘Ek sal die Skaapwagter slaan en die skape van die kudde sal uitmekaar gejaag word,’

32. maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na die Galil gaan.”

33. Kefa antwoord en sê vir Hom: “Al sou almal ook teen U aanstoot neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.”

34. Yeshua sê vir hom: “Dit is waar, Ek sê vir jou, in hierdie nag, sal jy My drie maal ontken voordat die haan sou kraai.”

35. Kefa sê vir Hom: “Selfs al moet ek saam met U sterf, ek sal U nooit ontken nie!” Al die studentevolgelinge het ook so gesê.

36. Toe kom Yeshua saam met hulle in ’n plek genoem Gat-Sh’manim en Hy sê vir die studentevolgelinge: “Sit hier terwyl Ek gaan om te bid.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 26