Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 23:28-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. en net so lyk julle ook wel onskuldig van buite vir die mense, maar van binne is julle wetteloos en toneelspelers van vals karakters.

29. Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die onskuldiges

30. en julle sê: ‘As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.’

31. Dus getuig julle teen julleself dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het

32. en julle voltooi die kwota van julle vaders!

33. Slange, kinders van adders, hoe sal julle ontsnap van die oordeel van die hel?

34. Let op, om hierdie rede stuur Ek profete, wyse manne en leraars van die wet na julle toe en julle sal van hulle doodmaak en kruisig en van hulle in julle bymekaarkomplekke gésel en van stad na stad die ander vervolg2 Kro 24:20-22

35. sodat oor julle al die onskuldige bloed wat vergiet is op die aarde kan kom, vanaf die bloed van die onskuldige Hevel tot by die bloed van Z’kharyah, die seun van Berekhyah, wat julle tussen die tempel en die altaar vermoor het.

36. Dit is waar, Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

37. Yerushalayim, Yerushalayim, jy wat die profete vermoor en dié wat na jou toe gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ’n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak en julle wou nie!Yir 22:5

38. Let op, julle huis word verlaat en vir julle woes gelaat,Ps 118:26

39. want Ek sê vir julle: julle sal My van nou af nie weer sien nie totdat julle sal sê: ‘Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה!’”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 23