Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 23:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Julle moet julle ook nie leiers laat noem nie, want een is julle Leier: Die Gesalfde Een.

11. Hy wat groot is onder julle moet julle dienskneg wees

12. en enige een wat homself verhoog, sal verneder word en wie homself verneder, sal verhoog word,

13. maar wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, wat die huise van die weduwees verteer deur ’n offer van lang herhaling van woorde in julle gebede; as gevolg hiervan sal julle ’n groter oordeel ontvang.

14. Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want julle maak die Koninkryk van die hemel toe voor die mense; omrede julle self nie ingaan nie, laat julle nie toe dat hulle wat wil, ingaan nie.

15. Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want julle loop rond oor see en land om een bekeerling te maak en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julleself.

16. Wee julle, blinde gidse, wat sê: ‘Wie ’n eed sweer by die tempel; dit is niks nie, maar wie ’n eed sweer by die goud van die tempel, hy is onder verpligting.’

17. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud afsonder?

18. ‘Wie ’n eed sweer by die altaar; dit is niks nie, maar wie ’n eed sweer by die offerande bo-op dit, hy is onder verpligting.’

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 23