Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 22:5-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle het egter minagting gewys en weggegaan, een na sy lande en ’n ander na sy besigheid

6. en ander het sy slawe gegryp, mishandel en doodgemaak.

7. Toe die koning dit hoor, het hy woedend geword en sy soldate gestuur en daardie moordenaars uitgewis en hulle stad aan die brand gesteek.

8. Toe sê hy vir sy diensknegte: ‘Die huweliksfees is gereed, maar die genooides was dit nie waardig nie,

9. gaan daarom na die einde van die paaie en nooi almal wat julle vind na die huweliksfees.’

10. Daardie slawe het uitgegaan op die paaie en almal bymekaar gemaak wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies en hulle het die plek van die huweliksfees vol gemaak.

11. Toe die koning ingaan om die gaste te sien, sien hy daar iemand wat nie ’n huwelikskleed aan het nie

12. en hy sê vir hom: ‘My vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n huwelikskleed aan?’ Hy was sprakeloos.

13. Toe sê die koning vir sy dienaars: ‘Bind sy hande en voete vas en gooi hom in die duisternis daar buite.’ Daar sal ’n gehuil wees en ’n gekners van die tande,

14. want baie is uitgenooi, maar min is gekies.”

15. Toe gaan die Fariseërs en hou vergadering oor hoe om Hom, in wat Hy sê, te vang

16. en hulle stuur hul studentevolgelinge saam met die Herodiane na Hom toe en sê: “Leermeester, ons weet dat U Waarheid is en die Pad van God in regverdigheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien geen van die mense se uiterlike aan nie;

17. sê daarom vir ons, wat dink U: is dit volgens die wet om aan die keiser belasting te betaal of nie?”

18. Yeshua het egter hulle boosheid geken en gesê: “Toneelspelers van ’n vals karakter, waarom toets julle My?

19. Wys My die denarion waarmee die belasting betaal word” en hulle gee vir Hom ’n denarion.

20. Yeshua vra vir hulle: “Wie se beeld en inskripsie is dié?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 22