Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 22:34-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. maar toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs stilgemaak het, het hulle almal saam vergader

35. en een van hulle, ’n kenner van die wet, het ’n vraag gestel om Hom te toets:

36. “Leermeester, watter bevel is die grootste in die Torah (Instruksies)?”Deut 6:5; Mar 12:29,30

37. Yeshua antwoord hom: “Jy moet יהוה, jou God, liefhê vanuit jou hele verstand, wil en emosie, vanuit jou hele gees, vanuit al jou kragte en vanuit al jou verbeelding en begrip.

38. Dit is die eerste en grootste opdragLev 19:18

39. en die tweede, wat net soos dit is: jy moet jou naaste liefhê net soos jouself.

40. Aan hierdie twee opdragte hang die hele Wet en die Profete.”

41. Yeshua vra vir die Fariseërs, wat bymekaargekom het,

42. en sê: “Wat sê julle van Die Gesalfde Een? Wie se seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Die Seun van Dawid.”

43. Hy sê vir hulle: “Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees, ‘Meester’ noem, as hy sê:Ps 110:1

44. ‘Meester-יהוה het vir my Meester gesê: sit aan My regterhand totdat Ek U vyande onder U voete plaas?’

45. As Dawid Hom dan ‘die Meester’ noem, hoe is Hy dan sy seun?”

46. Niemand kon Hom ’n antwoord gee nie en ook het niemand van daardie dag af dit meer gewaag om aan Hom vrae te vra nie.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 22