Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 22:17-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. sê daarom vir ons, wat dink U: is dit volgens die wet om aan die keiser belasting te betaal of nie?”

18. Yeshua het egter hulle boosheid geken en gesê: “Toneelspelers van ’n vals karakter, waarom toets julle My?

19. Wys My die denarion waarmee die belasting betaal word” en hulle gee vir Hom ’n denarion.

20. Yeshua vra vir hulle: “Wie se beeld en inskripsie is dié?”

21. Hulle antwoord: “Die keiser s’n.” Hy sê vir hulle: “Gee daarom aan die keiser wat die keiser s’n is en aan God wat God s’n is.”

22. Toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.

23. Op dieselfde dag kom die Sadduseërs en hulle sê vir Hom: “Daar is geen opstanding van die dooies nie.” Hulle vra vir HomDeut 25:5-6

24. en sê: “Leermeester, Moshe het vir ons gesê dat as enige man sonder kinders sterf, mag sy broer sy vrou vat en saad vir sy broer verwek.

25. Daar was nou by ons sewe broers. Die eerste het getrou en gesterf en geen seuns gehad nie. Hy het sy vrou vir sy broer agtergelaat

26. en net so ook die tweede en die derde tot by die sewende

27. en na almal het die vrou ook gesterf.

28. Daarvolgens dan, in die opstanding, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees, want almal het haar gevat?”

29. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle fouteer omdat julle die Skrifte nie verstaan en ook nie die wonderwerkende krag van God nie,

30. want in die opstanding van die dooies vat hulle nie vrouens en is vrouens ook nie vir mans nie, maar hulle is net soos die engele van God in die hemel.

31. Wat die opstanding van die dooies egter betref; het julle nie gelees wat vanaf God vir julle gesê is nie? Hy wat gesê het:Eks 3:6 God is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 22