Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 22:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yeshua het weer gepraat deur ’n vergelykende storie en gesê:

2. “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n koning wat ’n huweliksfees vir sy seun voorberei

3. en sy slawe uitgestuur het om die genooides na die huweliksfees te roep en hulle het gekies om nie te kom nie.

4. Weer het hy ander slawe uitgestuur met die boodskap: ‘Sê vir die genooides: “Let op, my feesmaal is voorberei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed! Kom na die huweliksfees”.’

5. Hulle het egter minagting gewys en weggegaan, een na sy lande en ’n ander na sy besigheid

6. en ander het sy slawe gegryp, mishandel en doodgemaak.

7. Toe die koning dit hoor, het hy woedend geword en sy soldate gestuur en daardie moordenaars uitgewis en hulle stad aan die brand gesteek.

8. Toe sê hy vir sy diensknegte: ‘Die huweliksfees is gereed, maar die genooides was dit nie waardig nie,

9. gaan daarom na die einde van die paaie en nooi almal wat julle vind na die huweliksfees.’

10. Daardie slawe het uitgegaan op die paaie en almal bymekaar gemaak wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies en hulle het die plek van die huweliksfees vol gemaak.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 22