Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:39-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. en hulle het hom gegryp en uit die wingerd uitgelei en hom doodgemaak.’

40. Wanneer die meester van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie werkers doen?”

41. Hulle het vir Hom gesê: “Baie sleg; hy sal hulle vernietig en die wingerd oorgee aan die sorg van ander werkers wat aan hom die vrugte in seisoen sal gee.”Ps 118:22-23

42. Yeshua sê vir hulle: “Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: ‘Die Steen wat die bouers verwerp het, dit het die Hoof Hoeksteen geword. Hy het van die Teenwoordigheid van יהוה gekom en is wonderbaar in ons oë?’

43. Deur dit sê Ek vir julle: ‘Die Koninkryk van God sal van julle weggevat word en aan ’n volk gegee word wat vrugte sal dra

44. en wie ook al op hierdie Steen val, sal stukkend breek en elkeen op wie Hy val, dié sal tot poeier gemaal word’.”

45. Toe die leierpriesters en die Fariseërs sy vergelykende stories hoor, het hulle geweet dat Hy teen hulle gepraat het

46. en hulle het probeer om Hom te vang, maar hulle was bang vir die skare omdat dié Hom as ’n profeet beskou het.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21