Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:22-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. en alles wat julle ook al in gebed vra en julle vertrou, sal julle ontvang.”

23. Toe Yeshua in die tempel ingegaan het, kom die leierpriesters en die oudstes van die volk na Hom toe terwyl Hy besig was om te leer en hulle sê vir Hom: “In watter outoriteit doen U hierdie dinge en wie het aan U hierdie outoriteit gegee?”

24. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een ding vra en as julle My antwoord, sal Ek julle sê in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen.

25. Die doop van Yoganan, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense?” Hulle het dit eenkant bespreek en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ dan sal Hy ons vra: ‘Waarom het julle hom nie geglo nie?’

26. en as ons sê: ‘Uit mense,’ dan moet ons oppas vir die skare, want almal beskou Yoganan as ’n profeet.”

27. Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons weet nie.” Yeshua sê vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen nie,

28. maar hoe lyk dit vir julle? Daar was ’n sekere man wat twee seuns gehad het en hy roep die eerste een en sê vir hom: ‘My seun, gaan werk vandag in die wingerd,’

29. maar hy antwoord en sê: ‘Ek wil nie,’ maar later het hy berou gehad en gegaan.

30. Hy het na die tweede gegaan en vir hom net so gesê en hy antwoord en sê: ‘Ja, my meester’ en hy het nie gegaan nie.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21