Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:20-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Toe die studentevolgelinge dit sien, was hulle verwonderd en sê: “Hoe het die vyeboom in ’n oogwink verdroog?”

21. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, as julle vertroue in julle het en nie twyfel nie, sal julle nie slegs doen wat met die vyeboom gebeur het nie, maar al sê julle vir hierdie berg: ‘Lig jou op en gooi jou in die see,’ sal dit gebeur

22. en alles wat julle ook al in gebed vra en julle vertrou, sal julle ontvang.”

23. Toe Yeshua in die tempel ingegaan het, kom die leierpriesters en die oudstes van die volk na Hom toe terwyl Hy besig was om te leer en hulle sê vir Hom: “In watter outoriteit doen U hierdie dinge en wie het aan U hierdie outoriteit gegee?”

24. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een ding vra en as julle My antwoord, sal Ek julle sê in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen.

25. Die doop van Yoganan, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense?” Hulle het dit eenkant bespreek en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ dan sal Hy ons vra: ‘Waarom het julle hom nie geglo nie?’

26. en as ons sê: ‘Uit mense,’ dan moet ons oppas vir die skare, want almal beskou Yoganan as ’n profeet.”

27. Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons weet nie.” Yeshua sê vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen nie,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21