Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:17-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hy het weggegaan van hulle af en uit die stad uitgegaan na Beit-Anyah en daar oornag.

18. Vroegoggend het Hy teruggegaan na die stad toe; Hy was honger

19. en Hy sien ’n vyeboom langs die pad en gaan daarheen, maar Hy het niks daaraan gevind nie behalwe blare en Hy sê vir dit: “Daar sal nooit weer vrugte aan jou wees tot in ewigheid nie;” en onmiddellik het die vyeboom verdroog.

20. Toe die studentevolgelinge dit sien, was hulle verwonderd en sê: “Hoe het die vyeboom in ’n oogwink verdroog?”

21. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, as julle vertroue in julle het en nie twyfel nie, sal julle nie slegs doen wat met die vyeboom gebeur het nie, maar al sê julle vir hierdie berg: ‘Lig jou op en gooi jou in die see,’ sal dit gebeur

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21