Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:14-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Hulle het blindes en kreupeles na Hom toe gebring in die tempelarea en Hy het hulle gesond gemaak,Ps 118:25 het dit vir hulle boos gelyk

15. maar toe die leierpriesters en leraars van die wet die wonderwerke sien wat Hy gedoen het en die kinders in die tempelarea uitroep en sê: “Red ons nou, Seun van Dawid,”Ps 8:3 nie?”

16. en hulle sê vir Hom: “Hoor U wat hulle daar sê?” Yeshua antwoord hulle: “Ja, het julle nooit gelees: ‘Uit die mond van babas en suigelinge het U ’n lied van lofprysing gekomponeer,’

17. Hy het weggegaan van hulle af en uit die stad uitgegaan na Beit-Anyah en daar oornag.

18. Vroegoggend het Hy teruggegaan na die stad toe; Hy was honger

19. en Hy sien ’n vyeboom langs die pad en gaan daarheen, maar Hy het niks daaraan gevind nie behalwe blare en Hy sê vir dit: “Daar sal nooit weer vrugte aan jou wees tot in ewigheid nie;” en onmiddellik het die vyeboom verdroog.

20. Toe die studentevolgelinge dit sien, was hulle verwonderd en sê: “Hoe het die vyeboom in ’n oogwink verdroog?”

21. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, as julle vertroue in julle het en nie twyfel nie, sal julle nie slegs doen wat met die vyeboom gebeur het nie, maar al sê julle vir hierdie berg: ‘Lig jou op en gooi jou in die see,’ sal dit gebeur

22. en alles wat julle ook al in gebed vra en julle vertrou, sal julle ontvang.”

23. Toe Yeshua in die tempel ingegaan het, kom die leierpriesters en die oudstes van die volk na Hom toe terwyl Hy besig was om te leer en hulle sê vir Hom: “In watter outoriteit doen U hierdie dinge en wie het aan U hierdie outoriteit gegee?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21