Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sodra hulle naby Yerushalayim gekom het en Beit-Pagei langs die Olyfberg genader het, het Yeshua twee studentevolgelinge uitgestuur

2. en vir hulle gesê: “Gaan na daardie dorpie reg voor julle en dadelik sal julle ’n donkiemerrie kry wat vasgemaak is en ’n vul by haar. Maak hulle los en bring hulle vir My

3. en as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: ‘Ons Meester het hulle nodig’ en dadelik sal hy hulle hierheen stuur.”

4. Hierdie het gebeur sodat dit vervul sou word wat deur die profeet gesê is, wat sê:Z’kh 9:9

5. “Sê vir die dogter van Tziyon: ‘Kyk, jou Koning kom na jou toe, nederig en Hy ry op ’n donkie, op ’n vul, die vul van ’n donkiemerrie’.”

6. Die studentevolgelinge het gegaan en gedoen net soos Yeshua hulle beveel het;

7. hulle het die donkiemerrie en die vul gebring en hulle klere bo-op die vul gelê en Yeshua het daarop gery.

8. ’n Groot menigte mense het hulle klere op die pad oopgesprei, maar ander het takke van die bome afgekap en op die pad neergelê.Ps 118:25-26

9. Die skare wat voor geloop en dié wat gevolg het, het uitgeskreeu en gesê: “Red ons nou, Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה: U in die hoogste hemel: red ons nou!”

10. Toe Hy in Yerushalayim inkom, is die hele stad omgekrap en hulle het gesê: “Wie is Hy?”

11. Die skare sê: “Dit is Yeshua, die Profeet, wat van Natzeret in die Galil is.”

12. Yeshua het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die sitplekke van die duiweverkopers omgegooiYes 56:7 maar julle het dit ’n grot vir plunderaars gemaak.”Yir 7:11

13. en Hy het vir hulle gesê: “Daar is geskrywe: ‘My huis moet ’n huis van gebed genoem word,’

14. Hulle het blindes en kreupeles na Hom toe gebring in die tempelarea en Hy het hulle gesond gemaak,Ps 118:25 het dit vir hulle boos gelyk

15. maar toe die leierpriesters en leraars van die wet die wonderwerke sien wat Hy gedoen het en die kinders in die tempelarea uitroep en sê: “Red ons nou, Seun van Dawid,”Ps 8:3 nie?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21