Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sodra hulle naby Yerushalayim gekom het en Beit-Pagei langs die Olyfberg genader het, het Yeshua twee studentevolgelinge uitgestuur

2. en vir hulle gesê: “Gaan na daardie dorpie reg voor julle en dadelik sal julle ’n donkiemerrie kry wat vasgemaak is en ’n vul by haar. Maak hulle los en bring hulle vir My

3. en as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: ‘Ons Meester het hulle nodig’ en dadelik sal hy hulle hierheen stuur.”

4. Hierdie het gebeur sodat dit vervul sou word wat deur die profeet gesê is, wat sê:Z’kh 9:9

5. “Sê vir die dogter van Tziyon: ‘Kyk, jou Koning kom na jou toe, nederig en Hy ry op ’n donkie, op ’n vul, die vul van ’n donkiemerrie’.”

6. Die studentevolgelinge het gegaan en gedoen net soos Yeshua hulle beveel het;

7. hulle het die donkiemerrie en die vul gebring en hulle klere bo-op die vul gelê en Yeshua het daarop gery.

8. ’n Groot menigte mense het hulle klere op die pad oopgesprei, maar ander het takke van die bome afgekap en op die pad neergelê.Ps 118:25-26

9. Die skare wat voor geloop en dié wat gevolg het, het uitgeskreeu en gesê: “Red ons nou, Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter (Naam) van יהוה: U in die hoogste hemel: red ons nou!”

10. Toe Hy in Yerushalayim inkom, is die hele stad omgekrap en hulle het gesê: “Wie is Hy?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21