Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 18:20-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. want waar twee of drie in My Outoriteit en Karakter (Naam) bymekaarkom, daar is Ek saam met hulle’.”

21. Toe kom Kefa na Hom en sê: “My Meester, hoeveel keer sal ek my broer vergewe as hy teen my ’n oortreding begaan? Tot sewe keer toe?”

22. Yeshua sê vir hom: “Ek sê vir jou, nie tot sewe keer toe nie, maar tot sewentig maal sewe keer toe.

23. As gevolg hiervan word die Koninkryk van die hemel vergelyk met ’n koning wat sy diensknegte se rekenings bereken het

24. en toe hy begin bereken, bring hulle een na hom toe wat tien duisend talente geskuld het

25. en omdat hy niks gehad het om mee te betaal nie, gee sy meester bevel dat hy, sy vrou, sy kinders en alles wat hy het, verkoop moet word en hy terugbetaal word.

26. Daardie slaaf val voor hom neer op sy gesig en sê: ‘My meester, wees geduldig met my en ek sal u alles betaal.’

27. Die meester het meegevoel gehad vir daardie dienskneg en hom vrygelaat en sy skuld vergewe,

28. maar toe daardie slaaf uitgaan en een van sy medeslawe vind wat hom honderd denarii geskuld het, gryp hy hom aan die keel en sê: ‘Betaal my wat jy my skuld.’

29. Sy mededienskneg val aan sy voete neer en smeek van hom en sê: ‘Wees geduldig met my en ek sal jou terugbetaal,’

30. maar hy wou nie, maar het gegaan en hom in die tronk gegooi totdat hy, wat hy hom skuld, betaal het.

31. Toe sy medeslawe sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef en hulle het gegaan en aan hulle meester verslag gedoen oor alles wat gebeur het.

32. Toe roep sy meester hom en sê vir hom: ‘Jou bose slaaf, al daardie skuld het ek jou vergewe omdat jy my gevra het;

33. moes jy nie net so meegevoel met jou medeslaaf gehad het, soos ek vir jou gehad het nie?’

34. Sy meester was kwaad en het hom oorgegee aan die martelaars totdat hy alles betaal het wat hy hom verskuldig was.

35. Net so sal My Hemelse Vader ook aan julle doen as julle nie elkeen sy broer in verstand, wil en emosie sy oortredinge vergewe nie.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 18