Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 17:21-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. maar hierdie soort gaan nie uit, behalwe deur gebed en vas nie.”

22. Terwyl hulle in die Galil reis, het Yeshua vir hulle gesê: “Die Seun van die mens sal oorgegee word in die hande van die mense,

23. hulle sal Hom vermoor en op die derde dag sal Hy opstaan” en dit het hulle baie bedroef gemaak.

24. Toe hulle in K’far-Nagum kom, het die wat die tempelbelasting (dubbel dragma) ontvang, na Kefa gegaan en vir hom gesê: “Betaal julle Leermeester nie die tempelbelasting nie?”

25. Hy sê vir hulle: “Ja.” Toe Kefa in die huis inkom, spring Yeshua hom voor en sê vir hom: “Wat dink jy, Shim’on? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting: van hulle seuns of van ander?”

26. Shim’on sê vir Hom: “Van die ander.” Yeshua sê vir hom: “Dan is die seuns vry,

27. maar sodat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ’n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom en as jy sy bek oopmaak, sal jy ’n shekel kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 17