Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 16:22-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Kefa vat Hom eenkant en begin Hom bestraf en sê: “Mag dit ver van U wees, my Meester, dat hierdie met U sal gebeur,”

23. maar Hy het weggedraai en vir Kefa gesê: “Gaan weg van agter My, teëstander! Jy is vir My ’n struikelblok omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van mense.”

24. Toe sê Yeshua vir Sy studentevolgelinge: “As enige iemand agter My aan wil kom, moet hy homself ontken en sy kruis opneem en saam met My gaan,

25. want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind,

26. want watter voordeel is daarin dat ’n mens die hele wêreld wen, maar aan sy gees kortkom? Of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy gees?

27. Want die Seun van die mens is op die punt om saam met Sy engele in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Sy Vader te kom en dan sal Hy man vir man beloon volgens sy dade.

28. Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens sal sien kom in Sy Koninkryk nie.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 16