Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 16:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die Fariseërs en Sadduseërs het nadergekom om Hom te toets en het vir Hom gevra om vir hulle ’n teken uit die hemel te wys,

2. maar Hy antwoord en sê vir hulle: “In die aand sê julle: ‘Dit sal mooi weer wees, want die lug is rooi’

3. en in die oggend sê julle: ‘Daar sal vandag ’n storm wees, want die lug is rooi en deinserig.’ Toneelspelers van ’n vals karakter, julle weet goed hoe om die sigbare tekens in die lug te onderskei en julle kan nie die tekens van hierdie tye onderskei nie?Yon 2:1; Mat 12:40 Hy het hulle verlaat en weggegaan

4. ’n Slegte en owerspelige geslag vereis ’n teken en geen teken sal aan hul gegee word nie, behalwe die teken van Yonah, die profeet.”

5. en toe Sy studentevolgelinge na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brood saam te vat,

6. maar Hy sê vir hulle: “Let op na en wees versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.”

7. Hulle het dit onder mekaar bespreek en gesê: “Dit is omdat ons geen brood gebring het nie,”

8. maar Yeshua het dit geweet en vir hulle gesê: “Kleintjies in vertroue, wat bespreek julle onder mekaar dat julle geen brood gebring het nie?

9. Verstaan julle tot nou toe nog nie en onthou julle ook nie die vyf brode en die vyf duisend en hoeveel groot mandjiesvol julle opgetel het nie?

10. Ook nie die sewe brode van die vier duisend en hoeveel ronde mandjiesvol julle opgetel het nie?

11. Hoe is dit dat julle nie verstaan dat Ek nie oor brood met julle gepraat het nie, maar om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 16