Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 14:24-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Die boot was alreeds ’n afstand van die land af terwyl dit hewig rondgeslinger is deur die golwe, want die wind was teen hulle,Iyov 9:8

25. maar in die vierde nagwaak het Yeshua na hulle toe aangekom terwyl Hy op die water geloop het.

26. Sy studentevolgelinge het gesien dat Hy op die water loop en hulle was ontsteld en sê: “Dit is ’n visioen.” Hulle het uitgeroep van vrees,

27. maar Yeshua het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees bemoedig, אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees! Moenie bang wees nie.”

28. Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, as dit U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”

29. Yeshua sê vir hom: “Kom!” Kefa klim van die skuit af en loop op die water na Yeshua toe

30. en toe hy sien dat die wind sterk was, het hy bang geword en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: “My Meester, red my!”

31. Ons Meester het in ’n oogwink Sy hand uitgesteek en hom vasgehou en vir hom gesê: “O, klein van vertroue, waarom het jy getwyfel?”

32. Toe hulle in die skuit klim, het die wind gaan lê.

33. Die wat in die skuit was, kom en val voor Hom neer en sê: “Waarlik, U is die Seun van God!”

34. Hulle het oorgevaar en in die streek van Galila gekom

35. en die manne van daardie plek het Hom herken, na al die dorpies rondom hulle uitgestuur en almal wat baie siek was, na Hom toe gebring

36. en hulle het Hom versoek om maar net die bloulyn-soomtossels van Sy kleed te mag aanraak en almal wat dit aangeraak het, is genees.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 14