Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 14:20-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Almal het geëet en was versadig en hulle het die oortollige stukke opgetel: twaalf mandjies vol.

21. Dié wat geëet het, was omtrent vyf duisend mans, buiten die vroue en kinders.

22. Dadelik het Yeshua Sy studentevolgelinge in die boot laat klim om voor Hom uit te gaan na die oorkant terwyl Hy die skare wegstuur.

23. Nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy alleen op met die berg om te bid en toe dit donker geword het, was Hy alleen daar.

24. Die boot was alreeds ’n afstand van die land af terwyl dit hewig rondgeslinger is deur die golwe, want die wind was teen hulle,Iyov 9:8

25. maar in die vierde nagwaak het Yeshua na hulle toe aangekom terwyl Hy op die water geloop het.

26. Sy studentevolgelinge het gesien dat Hy op die water loop en hulle was ontsteld en sê: “Dit is ’n visioen.” Hulle het uitgeroep van vrees,

27. maar Yeshua het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees bemoedig, אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees! Moenie bang wees nie.”

28. Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, as dit U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”

29. Yeshua sê vir hom: “Kom!” Kefa klim van die skuit af en loop op die water na Yeshua toe

30. en toe hy sien dat die wind sterk was, het hy bang geword en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: “My Meester, red my!”

31. Ons Meester het in ’n oogwink Sy hand uitgesteek en hom vasgehou en vir hom gesê: “O, klein van vertroue, waarom het jy getwyfel?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 14