Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 14:2-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en aan sy onderdane gesê: “Hierdie is Yoganan, die Doper. Hy het uit die dood uit opgestaan en daarom doen Hy dié wonderwerke,”

3. want Herodes het Yoganan gevang, hom vasgebind en in die tronk gesit as gevolg van Heródias, die vrou van Filippos, sy broer,

4. want Yoganan het vir hom gesê: “Dit is nie reg volgens die wet dat sy jou vrou is nie.”

5. Hy wou hom doodmaak, maar hy het die mense gevrees omdat hulle hom as ’n profeet beskou het.

6. Tydens Herodes se verjaarsdag by die huis het die dogter van Herodias tussen die gaste gedans en Herodes plesier.

7. As gevolg hiervan het hy met ’n eed beloof om vir haar enige iets te gee wat sy sou vra.

8. Omdat sy deur haar moeder beveel is, het sy gesê: “Gee my hier, op ’n bord, die kop van Yoganan, die Doper.”

9. Dit het die koning hartseer gemaak, maar ter wille van die eed en die gaste het hy bevel gegee dat dit vir haar gegee moes word

10. en hy het gestuur om Yoganan in die gevangenis te onthoof.

11. Sy kop is op ’n bord gebring en aan die meisie gegee en sy het dit vir haar moeder gebring.

12. Sy studentevolgelinge het gekom, sy lyk weggevat, dit begrawe en gegaan en dit aan Yeshua vertel.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 14