Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 14:11-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Sy kop is op ’n bord gebring en aan die meisie gegee en sy het dit vir haar moeder gebring.

12. Sy studentevolgelinge het gekom, sy lyk weggevat, dit begrawe en gegaan en dit aan Yeshua vertel.

13. Toe Yeshua dit hoor, het Hy daarvandaan in ’n skuit vertrek na ’n verlate plek om alleen te wees. Toe die skare dit hoor, het hulle Hom oor land gevolg vanuit die stede.

14. Yeshua het afgekom, die groot skare gesien en het sagte omgee vir hulle ervaar en Hy het hulle siekes gesond gemaak,

15. maar toe dit aand geword het, kom Sy studentevolgelinge na Hom toe en sê vir Hom: “Die plek is ’n wildernis en dit is al laat; stuur die skare weg sodat hulle na die dorpies kan gaan en vir hulle kos kan koop.”

16. Hy sê egter vir hulle: “Dit is nie nodig vir hulle om weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.”

17. Hulle sê egter vir Hom: “Ons het niks hier nie behalwe vyf brode en twee visse.”

18. Yeshua sê vir hulle: “Bring hulle hier vir My.”

19. Hy het die skare beveel om op die grond te gaan sit en Hy neem daardie vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel, seën dit, breek dit en gee dit aan die studentevolgelinge en die studentevolgelinge sit dit voor aan die skare.2 Kon 4:43,44; Mat 15:32-39; Mar 8:1-8

20. Almal het geëet en was versadig en hulle het die oortollige stukke opgetel: twaalf mandjies vol.

21. Dié wat geëet het, was omtrent vyf duisend mans, buiten die vroue en kinders.

22. Dadelik het Yeshua Sy studentevolgelinge in die boot laat klim om voor Hom uit te gaan na die oorkant terwyl Hy die skare wegstuur.

23. Nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy alleen op met die berg om te bid en toe dit donker geword het, was Hy alleen daar.

24. Die boot was alreeds ’n afstand van die land af terwyl dit hewig rondgeslinger is deur die golwe, want die wind was teen hulle,Iyov 9:8

25. maar in die vierde nagwaak het Yeshua na hulle toe aangekom terwyl Hy op die water geloop het.

26. Sy studentevolgelinge het gesien dat Hy op die water loop en hulle was ontsteld en sê: “Dit is ’n visioen.” Hulle het uitgeroep van vrees,

27. maar Yeshua het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees bemoedig, אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees! Moenie bang wees nie.”

28. Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, as dit U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”

29. Yeshua sê vir hom: “Kom!” Kefa klim van die skuit af en loop op die water na Yeshua toe

30. en toe hy sien dat die wind sterk was, het hy bang geword en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: “My Meester, red my!”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 14