Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 14:1-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In daardie tyd het Herodes, die heerser oor ’n kwart van die land, van Yeshua se bekendheid gehoor,

2. en aan sy onderdane gesê: “Hierdie is Yoganan, die Doper. Hy het uit die dood uit opgestaan en daarom doen Hy dié wonderwerke,”

3. want Herodes het Yoganan gevang, hom vasgebind en in die tronk gesit as gevolg van Heródias, die vrou van Filippos, sy broer,

4. want Yoganan het vir hom gesê: “Dit is nie reg volgens die wet dat sy jou vrou is nie.”

5. Hy wou hom doodmaak, maar hy het die mense gevrees omdat hulle hom as ’n profeet beskou het.

6. Tydens Herodes se verjaarsdag by die huis het die dogter van Herodias tussen die gaste gedans en Herodes plesier.

7. As gevolg hiervan het hy met ’n eed beloof om vir haar enige iets te gee wat sy sou vra.

8. Omdat sy deur haar moeder beveel is, het sy gesê: “Gee my hier, op ’n bord, die kop van Yoganan, die Doper.”

9. Dit het die koning hartseer gemaak, maar ter wille van die eed en die gaste het hy bevel gegee dat dit vir haar gegee moes word

10. en hy het gestuur om Yoganan in die gevangenis te onthoof.

11. Sy kop is op ’n bord gebring en aan die meisie gegee en sy het dit vir haar moeder gebring.

12. Sy studentevolgelinge het gekom, sy lyk weggevat, dit begrawe en gegaan en dit aan Yeshua vertel.

13. Toe Yeshua dit hoor, het Hy daarvandaan in ’n skuit vertrek na ’n verlate plek om alleen te wees. Toe die skare dit hoor, het hulle Hom oor land gevolg vanuit die stede.

14. Yeshua het afgekom, die groot skare gesien en het sagte omgee vir hulle ervaar en Hy het hulle siekes gesond gemaak,

15. maar toe dit aand geword het, kom Sy studentevolgelinge na Hom toe en sê vir Hom: “Die plek is ’n wildernis en dit is al laat; stuur die skare weg sodat hulle na die dorpies kan gaan en vir hulle kos kan koop.”

16. Hy sê egter vir hulle: “Dit is nie nodig vir hulle om weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.”

17. Hulle sê egter vir Hom: “Ons het niks hier nie behalwe vyf brode en twee visse.”

18. Yeshua sê vir hulle: “Bring hulle hier vir My.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 14