Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 13:27-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Die diensknegte van die meester van die huis het na hom toe gekom en vir hom gesê: ‘Ons meester, let op, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kom die darrel dan vandaan?’

28. Hy antwoord hulle: ‘’n Vyandige persoon het dit gedoen.’ Die diensknegte sê vir hom: ‘Wil u hê dat ons moet gaan en dit uitsoek?’

29. Hy antwoord hulle: ‘Is dit nie dat as julle die darrel bymekaarmaak, julle ook saam met hulle die graan sal ontwortel nie?

30. Laat altwee saam groei tot die oestyd toe en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die darrel bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar maak die graan bymekaar in my skuur.’”

31. ’n Ander vergelykende storie het Hy vir hulle vertel en gesê: “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaad wat ’n man vat en in sy land saai.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 13