Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 13:11-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hy antwoord en sê vir hulle: “Aan julle is gegee om die geheime van die Koninkryk van die hemel te ken, maar dit is nie aan hulle gegee nie,

12. want aan die een wat het, sal gegee word en dit sal vermeerder

13. en van die een wat nie het nie, sal ook dit wat hy het, weggevat word; daarom praat Ek met hulle deur vergelykende stories omdat hulle wat sien, nie sien nie en hulle wat hoor, nie hoor of verstaan nie;Deut 29:3,4; Yes 6:9; Yes 29:10; Yeg 12:2 ‘luisterende sal julle hoor en nie verstaan nie en siendeYog 12:40; Rom 11:8 sal julle sien en nie ken nie,

14. in hulle is die profesie van Yesha’yahu vervul wat sê:Yes 6:9-10

15. want die verstand, wil en emosie van hierdie volk het dig geword en met hulle ore het hulle skaars gehoor en hulle het hul oë toegemaak sodat hulle nie met die oë sou sien en met die ore hoor en met die verstand, wil en emosie verstaan en hulle sonde erken en wegdraai na God toe en Ek hulle genees nie,’

16. maar julle oë is geseën omdat hulle sien en julle ore omdat hulle hoor.

17. Dit is waar, Ek sê vir julle, baie profete en onskuldiges het begeer om te sien wat julle sien en het dit nie gesien nie en om te hoor wat julle hoor en het dit nie gehoor nie,

18. maar luister julle na die vergelykende storie van die saad.

19. Elkeen wat die boodskap van die Koninkryk hoor en nie verstaan nie, in hom kom die bose een en gryp weg wat in sy verstand, wil en emosie gesaai is; dit is wat langs die pad gesaai is.

20. Dit wat op die rots gesaai is: dit is hy wat die boodskap hoor en dit in ’n kort rukkie met blydskap aanvaar,

21. maar hy het geen wortel in homself nie en is net vir ’n tyd en as daar moeilikheid en vervolging kom ter wille van die boodskap, val hy dadelik uitmekaar.

22. Dit wat tussen die dorings gesaai is: dit is hy wat die boodskap hoor, maar die dinge van hierdie wêreld en die misleiding van rykdom versmoor die boodskap en hy is sonder vrugte.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 13