Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 12:4-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. hoe hy in die huis van God ingegaan het en die brode van die tafel van יהוה geëet het, wat nie vir hom, of die wat saam met hom was, toegelaat was om te eet nie, maar slegs vir die priesters?Num 28:9,10

5. Of het julle nie in die wet gelees dat, op die Shabbat, die priesters in die tempel die Shabbat nie afsonder en tog onskuldig is nie?Z’kh 6:12-13

6. Ek sê egter vir julle: ‘Een groter as die tempel, is hier,’Hos 6:6; Ps 40:7; Ps 51:18-21 sou julle nie die onskuldiges veroordeel het nie,

7. maar as julle verstaan het wat dit beteken: ‘Ek wil liefdevolle omgee hê en nie offerandes nie,’

8. want die Seun van die mens is Meester van die Shabbat.”

9. Yeshua het daarvandaan weggegaan na hulle bymekaarkomplek toe.

10. Daar was ’n persoon met ’n verdroogde hand en hulle het Hom gevra sodat hulle Hom kon aankla en gesê: “Is dit toelaatbaar om op die Shabbat gesond te maak?”

11. Hy sê vir hulle: “Wie is daar onder julle wat een skaap het en as dit op die Shabbat in ’n gat val, dit nie sal gryp en dit uithaal nie?Lev 23:3

12. Hoeveel meer werd is ’n mens dan nie as ’n skaap nie; daarom is dit toelaatbaar om op die Shabbat goed te doen.”

13. Toe sê Hy vir daardie man: “Steek jou hand uit!” Hy het dit uitgesteek en dit is genees, net soos die ander een.

14. Die Fariseërs het uitgegaan en vergader teen Hom, om Hom te vernietig,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 12