Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 1:18-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. So het die geboorte van Yeshua, Die Gesalfde Een, gebeur: terwyl Sy moeder, Miryam, verloof was aan Yosef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind deur die toedoen van die Gees van Afsondering.

19. Yosef, haar man, wat ’n man was wat gedoen het wat reg is en haar nie openbaar wou maak nie, het oorweeg om in die geheim van haar te skei,

20. maar terwyl hy dit oorweeg het, verskyn daar ’n boodskapper van יהוה in ’n droom aan hom en sê: “Yosef, seun van Dawid, moenie bang wees om Miryam te vat as jou vrou nie, want Hy wat in haar verwek is, is van die Gees van Afsondering.

21. Sy sal geboorte gee aan ’n Seun en sy sal Hom Yeshua noem, want Hy sal Sy mense van hulle sondes red.”

22. Al hierdie dinge het gebeur sodat die woord vervul sou word wat יהוה deur die profeet gesê het:Yes 7:14 wat beteken: ons Magtige God is by ons.

23. “Let op, die maagd sal swanger word en geboorte gee aan ’n Seun en hulle sal Hom Immanu’el noem.”

24. Toe Yosef wakker word, het hy gedoen wat die boodskapper van יהוה hom beveel het om te doen en haar gevat as sy vrou,

25. maar hy het nie ’n intieme verhouding met haar gehad voordat sy nie geboorte gegee het aan haar eerste Seun nie en hy het Hom Yeshua genoem.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 1