Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 9:22-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. en baie keer het hy hom in die vuur en in die water gegooi om hom te vernietig, maar enige iets wat U kán doen om ons te help, gee om vir ons!”

23. Yeshua sê vir hom: “As jy kan vertrou, alles is moontlik vir die een wat vertrou.”

24. Dadelik roep die vader van die kind uit terwyl hy huil en sê: “Ek vertrou, my Meester, help my tekort aan vertroue!”

25. Toe Yeshua sien dat ’n menigte mense aangehardloop kom en naby hulle bymekaarkom, bestraf Hy die onrein gees en sê vir hom: “Dowe gees wat nie praat nie, Ek beveel jou, gaan uit hom uit en kom hierna nie weer in hom in nie.”

26. Skreeuend en met stuiptrekkings het hy uitgegaan en die seun het soos ’n dooie geword sodat baie gesê het: “Hy is dood.”

27. Yeshua het egter sy hand gevat en hom opgelig.

28. Toe Hy in die huis kom, vra Sy studentevolgelinge Hom privaat: “Waarom was ons nie in staat om hom uit te dryf nie?”

29. Hy sê vir hulle: “Hierdie soort kan uit niks uitgaan, behalwe deur gebed en vas nie.”

30. Toe hulle daarvandaan weggegaan het, deur die Galil, wou Hy nie dat iemand Hom moes herken nie

31. omdat Hy Sy studentevolgelinge geleer en vir hulle gesê het: “Die Seun van die mens word oorgegee in die hande van die mense en hulle sal Hom doodmaak en nadat Hy doodgemaak is, sal Hy op die derde dag opstaan.”

32. Hulle het wat gesê is nie verstaan nie en was bang om Hom te vra.

33. Hy het in K’far-Nagum gekom en nadat hulle in die huis gekom het, vra Hy vir hulle: “Wat het julle op die pad bespreek?”

34. Hulle het stilgebly, want hulle het op die pad met mekaar geredeneer oor wie die grootste is.

35. Yeshua het gaan sit, die twaalf geroep en vir hulle gesê: “Hy wat eerste wil wees, sal laaste wees en almal se dienskneg.”

36. Hy vat ’n kind en laat hom tussen hulle staan en sit hom op Sy skouers en sê vir hulle:

37. “Elkeen wat iemand soos dié seun ontvang in My Outoriteit en Karakter, ontvang My en elkeen wat My ontvang, ontvang My nie as hy nie Hom wat My gestuur het ontvang nie.”

Lees volledige hoofstuk Markos 9