Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 9:21-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Yeshua vra vir sy vader: “Hoe lank is dit al dat dit met hom gebeur?” Hy antwoord: “Van sy kinderdae af

22. en baie keer het hy hom in die vuur en in die water gegooi om hom te vernietig, maar enige iets wat U kán doen om ons te help, gee om vir ons!”

23. Yeshua sê vir hom: “As jy kan vertrou, alles is moontlik vir die een wat vertrou.”

24. Dadelik roep die vader van die kind uit terwyl hy huil en sê: “Ek vertrou, my Meester, help my tekort aan vertroue!”

25. Toe Yeshua sien dat ’n menigte mense aangehardloop kom en naby hulle bymekaarkom, bestraf Hy die onrein gees en sê vir hom: “Dowe gees wat nie praat nie, Ek beveel jou, gaan uit hom uit en kom hierna nie weer in hom in nie.”

26. Skreeuend en met stuiptrekkings het hy uitgegaan en die seun het soos ’n dooie geword sodat baie gesê het: “Hy is dood.”

27. Yeshua het egter sy hand gevat en hom opgelig.

28. Toe Hy in die huis kom, vra Sy studentevolgelinge Hom privaat: “Waarom was ons nie in staat om hom uit te dryf nie?”

29. Hy sê vir hulle: “Hierdie soort kan uit niks uitgaan, behalwe deur gebed en vas nie.”

30. Toe hulle daarvandaan weggegaan het, deur die Galil, wou Hy nie dat iemand Hom moes herken nie

31. omdat Hy Sy studentevolgelinge geleer en vir hulle gesê het: “Die Seun van die mens word oorgegee in die hande van die mense en hulle sal Hom doodmaak en nadat Hy doodgemaak is, sal Hy op die derde dag opstaan.”

Lees volledige hoofstuk Markos 9