Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 9:19-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Yeshua antwoord en sê vir hom: “O geslag sonder vertroue, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank moet Ek uithou met julle? Bring hom na My toe.”

20. Hulle bring hom na Hom toe en dadelik, toe hy Hom sien, gooi die gees hom dat hy op die grond val en rond wriemel met skuim in die mond.

21. Yeshua vra vir sy vader: “Hoe lank is dit al dat dit met hom gebeur?” Hy antwoord: “Van sy kinderdae af

22. en baie keer het hy hom in die vuur en in die water gegooi om hom te vernietig, maar enige iets wat U kán doen om ons te help, gee om vir ons!”

23. Yeshua sê vir hom: “As jy kan vertrou, alles is moontlik vir die een wat vertrou.”

24. Dadelik roep die vader van die kind uit terwyl hy huil en sê: “Ek vertrou, my Meester, help my tekort aan vertroue!”

25. Toe Yeshua sien dat ’n menigte mense aangehardloop kom en naby hulle bymekaarkom, bestraf Hy die onrein gees en sê vir hom: “Dowe gees wat nie praat nie, Ek beveel jou, gaan uit hom uit en kom hierna nie weer in hom in nie.”

Lees volledige hoofstuk Markos 9