Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 8:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hulle het geëet tot versadiging en die stukkies wat oorgebly het opgetel; sewe mandjies vol.

9. Die mans wat geëet het, was vier duisend

10. en Hy het hulle weggestuur. Dadelik het Hy saam met Sy studentevolgelinge in die boot geklim en na die Dalmanuta streek gegaan.

11. Die Fariseërs het uitgegaan en Hom uitgevra en van Hom ’n teken uit die hemel gevra om Hom te toets.

12. Hy sug swaar in Sy Gees en sê: “Waarom begeer hierdie geslag ’n teken? Dit is waar, Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.”

13. Hy het van hulle af weggegaan, in die boot geklim en na die oorkant toe gegaan

14. en hulle het vergeet om brood saam te vat en het nie meer as een koek by hulle in die boot gehad nie.

15. Hy het hulle beveel en vir hulle gesê: “Let op en wees versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.”

16. Toe bespreek hulle onder mekaar en sê: “Dit is omdat ons nie brood het nie.”

17. Yeshua het geweet en Hy sê vir hulle: “Waarom bespreek julle dit dat julle nie brood het nie? Begryp of verstaan julle nog steeds nie? Is julle verstand nog hard?

18. Het julle oë en sien julle nie? Het julle ore en hoor julle nie? Onthou julle nie?

Lees volledige hoofstuk Markos 8