Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 8:26-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Hy het hom na sy huis toe gestuur en gesê: “Moenie in die dorp ingaan of dit aan iemand in die dorp vertel nie.”

27. Yeshua en Sy studentevolgelinge het uitgegaan na die dorpe van Kaisareia-Filippoi en op die pad vra Hy Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Wat sê die mense van My; Wie Ek is?”

28. “Sommige sê Yoganan, die Doper en ander: Eliyahu, maar ander: Een van die profete.”

29. Yeshua sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” Shim’on antwoord en sê vir Hom: “U is Die Gesalfde Een, die Seun van die Lewende God.”

30. Hy het hulle verbied om enige iemand van Hom te vertel.

31. Hy het hulle begin leer dat die Seun van die mens voorbereid is om baie dinge te ly en verwerp te word deur die oudstes, leierpriesters en leraars van die wet en doodgemaak sal word en ná drie dae opstaan.

32. Hierdie boodskap het Hy openlik en duidelik gebring en Kefa het Hom eenkant gevat en Hom begin aanspreek,

33. maar Hy het Hom omgedraai en terwyl Hy Sy studentevolgelinge aankyk, het Hy Kefa bestraf en gesê: “Gaan weg agter My, teëstander, want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van mense!”

34. Yeshua roep die skare mense saam met Sy studentevolgelinge na Hom toe en sê vir hulle: “Wie ook al agter My aan wil kom, moet homself misken en sy kruis opneem en My volg.

35. Elkeen wat besluit om sy lewe te red, sal dit verloor, maar hy wat sy lewe om My en om die goeie boodskap se ontwil verloor, hy sal dit red,

Lees volledige hoofstuk Markos 8