Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 8:11-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die Fariseërs het uitgegaan en Hom uitgevra en van Hom ’n teken uit die hemel gevra om Hom te toets.

12. Hy sug swaar in Sy Gees en sê: “Waarom begeer hierdie geslag ’n teken? Dit is waar, Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.”

13. Hy het van hulle af weggegaan, in die boot geklim en na die oorkant toe gegaan

14. en hulle het vergeet om brood saam te vat en het nie meer as een koek by hulle in die boot gehad nie.

15. Hy het hulle beveel en vir hulle gesê: “Let op en wees versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.”

16. Toe bespreek hulle onder mekaar en sê: “Dit is omdat ons nie brood het nie.”

17. Yeshua het geweet en Hy sê vir hulle: “Waarom bespreek julle dit dat julle nie brood het nie? Begryp of verstaan julle nog steeds nie? Is julle verstand nog hard?

18. Het julle oë en sien julle nie? Het julle ore en hoor julle nie? Onthou julle nie?

19. Toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gegee het; hoeveel mandjies vol stukke het julle opgetel nadat hulle versadig was?” Hulle sê vir Hom: “Twaalf.”

20. “En die sewe vir die vier duisend; hoeveel mandjies vol stukke het julle opgetel nadat hulle versadig is?” Hulle sê: “Sewe.”

21. Hy sê vir hulle: “Hoe is dit dat julle tot nou toe nie verstaan nie?”

22. Hy het in Beit-Tzaidah gekom en hulle het ’n blinde man na Hom toe gebring en Hom gesmeek om hom aan te raak.

23. Hy vat die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp. Hy spoeg in sy oë en lê hom die hande op en vra vir hom wat hy sien.

Lees volledige hoofstuk Markos 8