Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 8:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In daardie dae, toe daar baie mense was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Yeshua Sy studentevolgelinge geroep en vir hulle gesê:

2. “Ek gee om vir hierdie mense, want hulle bly al drie dae by My en het niks om te eet nie

3. en as Ek hulle, sonder om te eet, huis toe stuur, sal hulle op die pad flou word, want sommige van hulle kom van ver af.”

4. Sy studentevolgelinge antwoord Hom: “Waarvandaan is dit moontlik vir ’n mens om hulle in hierdie verlate plek te kan versadig met brood?”

5. Hy vra vir hulle: “Hoeveel brode het julle?” Hulle sê: “Sewe.”

6. Hy gee aan die skare mense bevel om op die grond te gaan sit, neem die sewe brode en nadat Hy dit geseën het, breek Hy dit en gee dit aan Sy studentevolgelinge om dit te bedien en hulle het die menigte mense bedien.

Lees volledige hoofstuk Markos 8