Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 8:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In daardie dae, toe daar baie mense was en hulle niks gehad het om te eet nie, het Yeshua Sy studentevolgelinge geroep en vir hulle gesê:

2. “Ek gee om vir hierdie mense, want hulle bly al drie dae by My en het niks om te eet nie

3. en as Ek hulle, sonder om te eet, huis toe stuur, sal hulle op die pad flou word, want sommige van hulle kom van ver af.”

4. Sy studentevolgelinge antwoord Hom: “Waarvandaan is dit moontlik vir ’n mens om hulle in hierdie verlate plek te kan versadig met brood?”

5. Hy vra vir hulle: “Hoeveel brode het julle?” Hulle sê: “Sewe.”

6. Hy gee aan die skare mense bevel om op die grond te gaan sit, neem die sewe brode en nadat Hy dit geseën het, breek Hy dit en gee dit aan Sy studentevolgelinge om dit te bedien en hulle het die menigte mense bedien.

7. Hulle het ook ’n paar klein vissies gehad en nadat Hy hulle ook geseën het, sê Hy dat hulle dit ook moet bedien.2 Kon 4:43,44; Mat 14:14-21; Mat 15:32-39

8. Hulle het geëet tot versadiging en die stukkies wat oorgebly het opgetel; sewe mandjies vol.

9. Die mans wat geëet het, was vier duisend

10. en Hy het hulle weggestuur. Dadelik het Hy saam met Sy studentevolgelinge in die boot geklim en na die Dalmanuta streek gegaan.

Lees volledige hoofstuk Markos 8