Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 3:9-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy het vir Sy studentevolgelinge gesê om vir Hom ’n boot te bring vanweë die menigte mense sodat hulle Hom nie kon verdring nie,

10. want Hy het baie gesond gemaak totdat hulle Hom toegeval het om aan Hom te raak

11. en die wat gepla was deur vuil geeste het, wanneer hulle Hom sien, neergeval en uitgeskreeu en gesê: “U is die Seun van God!”

12. Hy het hulle streng bestraf sodat hulle Hom nie openbaar maak nie.

13. Hy het by ’n berg opgegaan en die wat Hy wou, na Hom geroep en hulle het na Hom toe gekom.

14. Hy het twaalf gekies sodat hulle by Hom kon wees en sodat Hy hulle kon uitstuur om te verkondig

15. en dat hulle die outoriteit kon ontvang om siektes te genees en demone uit te dryf.

16. Shim’on, vir wie Hy Kefa genoem het,

17. Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, die broer van Ya’akov; hulle het Hy genoem B’nei-Regesh, dit is: Seuns van donder.

18. Andréas, Filippos, Bar-Talmai, Mattityahu, T’oma, Ya’akov, die seun van (Bar-) Halfai, Taddai, Shim’on die jaloerse

19. en Y’hudah van K’riot, wat Hom sou verraai. Hulle het in die huis ingegaan

20. en weer het ’n menigte mense bymekaargekom sodat hulle nie brood kon eet nie.

21. Toe Sy familie dit hoor, gaan hulle uit om beheer oor Hom te neem, want hulle het gesê: “Hy is van Sy verstand af.”

22. Die leraars van die wet, wat van Yerushalayim af gekom het, het gesê: “Hy het Ba’al-Z’vuv in Hom,” en: “Deur die heerser van die demone dryf Hy die demone uit.”

Lees volledige hoofstuk Markos 3