Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 3:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yeshua het weer die bymekaarkomplek ingegaan en daar was ’n sekere man met ’n verdroogde hand

2. en hulle het Hom dopgehou sodat as Hy hom op die Shabbat gesond sou maak, hulle Hom kon aankla.

3. Hy sê vir die man met die verdroogde hand: “Staan op tussen hulle.”

4. Hy sê ook vir hulle: “Is dit reg volgens die wet om op die Shabbat te doen wat goed is of wat sleg is, om ’n lewe te red of te vernietig?” Hulle was egter stil.

5. Terwyl Hy beide met woede en hartseer oor die blindheid van hulle verstand rondkyk na hulle, sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit!” en hy het dit uitgesteek en sy hand is genees

6. en die Fariseërs het dadelik uitgegaan en saam met die Herodiane teen Hom beraadslag, hoe hulle Hom kon vernietig.

7. Yeshua het saam met Sy studentevolgelinge na die meer toe gegaan en baie mense het Hom uit die Galil, Y’hudah,

8. Yerushalayim, Iduméa en die gebied oorkant die Yarden gevolg en van rondom Tzor en Tzidon het baie mense na Hom toe gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

Lees volledige hoofstuk Markos 3