Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 2:7-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. “Wie is Hy om so boos te praat teen God? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?”

8. Yeshua het in Sy gees geweet dat hulle hierdie dinge by hulleself dink en Hy sê vir hulle: “Wat redeneer julle oor hierdie dinge in julle gedagtes?

9. Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: ‘Jou sondes is vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op, tel jou draagbaar op en loop?’

10. Maar sodat julle kan weet dat die Seun van die mens outoriteit het om op die aarde sondes te vergewe,” sê Hy vir die verlamde:

11. “Vir jou sê ek: ‘Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe’.”

12. Hy het in ’n oomblik opgestaan, sy draagbaar opgetel en voor almal se oë uitgegaan sodat almal verbaas was en aan God lof, eer en grootheid gebring en gesê het: “So iets het ons nog nooit gesien nie!”

13. Hy het weer uitgegaan na die see toe en al die mense het na Hom toe gekom en Hy het hulle geleer.

14. Toe Hy verbygaan, sien Hy vir Levi, die seun van Halfai, by die plek van belastinginvordering sit en Hy sê vir hom: “Volg My” en hy het opgestaan en Hom gevolg.

Lees volledige hoofstuk Markos 2